Die Inkopierebel

Elke land het maar sy eie gebruike en rituele.

Soms verskil dit.

Hier in Duitsland - en in Europa, soos dit vir my lyk – het hulle ‘n wonderlike sisteem uitgedink om presies aan te dui watter produkte die klant wil koop. ‘n Driehoekige stafie wat mens vóór en ná jou gewensde produkte op die aanvoerband plaas.

O, die angs! O, die stres wat daardie ritueel my nie al besorg het nie! Wat as daar nie stafies is nie? Wat as die persoon met my begin stry oor ek hulle goed betaal het? Moet ek vir iemand tong uitsteek as ek my stafie neersit? Pê-wê, ek het oënskynlik hierdie aanvraag-aanbod spel gewen?

“Good fences make good neighbors.”

Ek hoor jou, Robert Frost! Tot hier toe, en nie verder nie!Ek weier om langer die persoon agter my en voor my te mistrou; ek weier om langer die intelligensie van die persoon agter die kasregister in twyfel te trek; ek verset my teen hierdie van bo op ons afgedrukde sisteem

… ek is: …

Die Inkopierebel!

_______________________

Die Nederlandse Wikipedia het ‘n artikel oor die staaf – of klaarblyklik eerder “beurtbalkie”. Jammer dat ek dit nou moet sê, maar ek dink dit is mal: in 2002 was daar blykbaar ‘n “Actiegroep Over de Balk” wat die woord in die Nederlandse taalskat ingedruk het, pleks van die balk uit die samelewing uit te laat verwyder, soos mens van normale mense sou kon verwag.

Die foto in bogenoemde wiki-bladsy is belaglik; ek was nog by geen supermark waar daar nie ten minste 30cm spasie tussen my en die ander klante op die voerband was nie. En daar is ALTYD ‘n ry.

3 Responses to Die Inkopierebel

  1. Jan Twak says:

    Klink vir my na ‘n ingewikklde stelsel, ek verstaan nie mooi hoe die driehoekies werk nie.

  2. Ronald says:

    Jan, ek het ‘n stertjie by die post hierbo gevoeg – die (Nederlandse) wikipedia artikel verduidelik dit mooi en het ook ‘n prentjie van so ‘n staaf … of sal ek dan maar sê, beurtbalkie.

  3. Mia says:

    Haha, ja, hulle het die balkie hier in die VSA ook. Dit maak my nou nie so beangs nie, maar dit voel wel vir my te burokraties. Soos jy sê, ek is seker mens kan jou eie produkte reguleer. Ons kry dit reg in Suid Afrika nie waar nie? Maar nou ja. Good fences.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Connecting to %s

Follow

Get every new post delivered to your Inbox.