Drie dinge wat ek op my graf wil hê

As ek tot sterwe kom, moet julle asseblief drie goed op my graf(steen) sit:

‘n Dubbele inskripsie – in Grieks en Afrikaans: “ἐνθάδε καθεύδῃ Ῥονάλδος - Hier slaap Ronald.“*

In Grieks, asseblief, om aan te dui dat ek deel vorm van daardie groep wat deur die eeue heen vashou aan die Christelike geloof. (Ja, en dit getuig so bietjie van my lewe ook.) Vandag nog, as mens ‘n antieke graf teëkom wat hierdie sinsnede op het, kan mens met redelike sekerheid sê dit was die graf van ‘n Christen.

Dit moet egter ook in Afrikaans wees. Anders, wie sal dit kan lees? Nee, ek sal graag ook relevant wil wees vir Jan Alleman. Selfs op my grafsteen.

So, asseblief, sit hierdie stuk hoop heel bo.

Onder dit die volgende: “Joh 10:10 – ‘Ek het gekom sodat hulle die lewe kan hê, en dit in oorvloed.”

Lewe, in oorvloed, vir almal. Nie net lewe nie, maar lewe in sy volheid. Ook vir ander mense. Nie eendag nie, nóú. Met alles wat dit beteken. Want as daar een ding is waarvoor hierdie groep mense – waarna my eerste inskripsie verwys – voor gestaan het, en nog steeds staan, en nog steeds moet staan – selfs al het ons ook baie drooggemaak – is dit lewe.

Sit hierdie inskripsie, tegelyk versugting en getuienis, onder op my grafsteen. Dit is nie minder belangrik nie; inteendeel, dit is die basis waarop ons moet voortbou.

Die derde ding is ‘n bolplant wat jaarliks blom.

Mens moet niks daarvan in die winter kan sien nie. In die lente moet dit uit die grond uit bars met vars lewe en ongekende groei! Laat dit ‘n teken wees van die opstanding. Laat dit ‘n teken wees dat, verby alle hoop heen, verby alle verpletterd wees en dood en swaarkry en hoopverlorenheid, Hy nog steeds vir ons lewe skenk.

_________________________

* – kry iemand wat Grieks ken om dit uit te griffel! Ek draai drie maal in my graf om as die aksente nie reg is nie!

2 Responses to Drie dinge wat ek op my graf wil hê

  1. Son says:

    Ek wil nie ‘n grafsteen he nie, maar as ek sou gehad het: “She lived life!”

  2. Ronald says:

    ;)

    Dit klink glad nie na ‘n slegte filosofie nie!

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Connecting to %s

Follow

Get every new post delivered to your Inbox.