My eerste volwaardige Duitse gedig: “Zwieback”

Hier is my eerste Duitse gedig (dis nou as mens nie Haiku’s tel nie) en ‘n vertaling daarvan:

Zwieback

Zwieback, o beskuit-gleichende Zwieback!

O, glorreiche Zwieback!

Ich werd’ dich konsumieren!

Auffressen wie ein TIER!

Verleih meinem Maul dein Geschmack!

Färb mein Mund mit deiner trock’nen Süßigkeit!

Mit deinem brockelenden Daseins verdeck mein Heimweh.

O, zauberhafte Zwieback!

“Zweiback”

Zwieback, o beskuit-soortgelyke Zwieback!

O, glorieryke Zwieback!

Ek gaan jou verorber!

Opvreet soos ‘n DIER!

Verleen my smoel jou smaak!

Verf my mond met jou droë soetigheid!

Met jou brokkelende daarwees – bedek my heimwee.

O, toweragtige Zwieback!

Kommentaar

‘n Paar verskynsels in die gedig verlang kommentaar. Die uitroeptekens aan die einde van bykans al die sinne dui op die spreker se nood en die drif waarmee die gedig uitgespreek word. (Dit kan inderdaad ook as ‘n operastuk gesing word.) Die enigste sin sonder ‘n uitroepteken is ook die crux van die gedig – die spreker vind uiteindelik berusting in die feit dat hierdie stuk Zwieback, al is dit net vir ‘n korte tyd, sy sinne gaan afstomp en hom so ‘n wyle gemoedsrus kan skenk. Dat hierdie die hoogtepunt van die gedig is, word ook aangedui deur die omgeruilde woordorde – die spreker breek vir die eerste keer met die reeds vasgestelde patroon, en die werkwoord vind eers aan die einde van die sin sy rusplek. Die “brockelende Daseins” (verbrokkelende daarwees) dui nie net op die tekstuur van die beskuit nie, maar tegelyk ook op die tydelike ineenstorting van die realiteit rondom die spreker, wat op die punt is om ‘n stuk Zwieback te verorber.

One Response to My eerste volwaardige Duitse gedig: “Zwieback”

  1. Hugo says:

    Nice!

    Wonder of my Duits ooit goed genoeg sal wees om gedigte te kan skryf…

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Connecting to %s

Follow

Get every new post delivered to your Inbox.