Wat is jou “malpanoeta”? / Woorde wat teologie verklap.

Mei 30, 2009

Sluit klomp Christene vir ‘n rukkie in ‘n kerkgebou toe, en hulle ontwikkel blitsvinnig vir jou hulle eie dialek. Gelukkig. Dit is ‘n goeie barometer van hul teologie. Die Siriese naamwoord malpanoeta beteken “onderrig”. Onderrig, op sy beurt, kan in Engels vertaal word met teaching. Teaching, soos in: “Hene, ek like daardie ou se teaching!”

‘n Ander Ingelse uitdrukking kan dit die beste uitddruk: Dead giveaway

Natuurlik sny ek nou lyne en blokkies soos Tant Sannie fudge opdeel. Die lewe is nie ‘n skaakspel nie; nog minder ‘n skaakbord. Ek weet goed dat mens nie sommer mense in boksies sit nie. Partykeer help dit egter.

Voor dit lyk of ek my mes in het vir die charismate: Gerrie Gereformeerd (of Neels Nederduits dan, as jy wil) se woordeboek dra ook sy bagasie. Genade, woorde soos genade self. Ongelukkig. Dit maak dit moeilik om regtig iets te sê as al die woorde klaar ingekleur is.