Voorspoedsteologie – budget of straight?

Voorspoedsteologie is nie ‘n goeie ding nie, sowaar as (biltong? roomkaas?) vet! Tog – dis so LEKKER!

Ek sit toe Dinsdagaand in ‘n onbekende selgroep – ‘n multikulturele een ;-) – en die (spraaksame) leier van die groep waarsku ons almal onder andere teen die voorspoedsteologie. Ja, daar sal verseker moeilike tye kom! Om ‘n Christen te wees, is nie maklik nie. Soms gaan dit maar broekskeur. Vasbyt, dis al wat ons kan doen. Dis eintlik die Satan wat sy mes vir ons in het. Dis hy wat so lustig die vetjies sny. Om rede ons natuurlik sy planne lelik in die wiele ry as ons net op God fokus. Dan sal alles, uiteindelik, vir ons goed uitwerk … Die selgroep luister aandagtig. Daarna ruil hulle stories uit van hoe dinge alles ten goede meewerk. Mense wat gesond word, geld wat eensklaps opduik. 

Iets knaag aan my. Iets kom fluister in my oor. Miskien is dit die duiwel? Miskien is dit die still small voice waarvan ons netnou gepraat het? Miskien is dit my gewete? As alles elke nou en dan ten goede meewerk in elkeen van ons se lewens – is dit nie maar voorspoedsteologie op ‘n budget plan nie? Wat maak ons in elk geval almal hier, as dit nie is om onsself ‘n bietjie te kom krag en genade inspuit om by die volgende uitbetaling te kom nie? 

Hemel is ook nie die oplossing nie. Hel, hemel is eintlik maar net ‘n straight uitbetalingsplan – iets wat sal gebeur as jy doodgaan. Nie dat ek nie sê ons gaan eendag in God se teenwoordigheid kan wees nie. (Ek sê dalk maar net ons is alreeds.)

Ek dink willekeurig aan diadiese samelewings – amper iets soos ubuntu. Dis nou die tipe samelewings waarin mense soos Paulus en kie geleef het. Dit was nie ‘n indiwidualistiese saak nie, maar eerder ‘n groepsaak. Die Christene het ‘n nuwe groep gevorm – en na my mening sou alles ten goede vir hulle meewerk as ‘n groep. Miskien verstaan ek dit verkeerd. Maar dis al wat vir my sin maak. Dalk is die enigste manier om die voorspoedsteologie te ontduik, om een vir die span te vat – sonder ‘n beloning.

2 Responses to Voorspoedsteologie – budget of straight?

  1. Retha sê:

    Wow, dis nou iets om oor te dink. Ja, die idee van Bybelse Christenskap is om ‘n nuwe groep te vorm.

    Dis die eerste keer wat ek jou raaklees, sal meer hier lees.

  2. […] preek het oor dieselfde tema gegaan as die selgroep wat ek Dinsdagaand bygewoon het, en waaroor ek vroeër die week geblog het. Dit was egter op ‘n meer sober manier hanteer – selfs al het ek miskien nie saamgestem […]

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: