Grappies is net snaaks as almal dit verstaan

Ek het eergisteraand by ‘n vriendin gekuier, wat, omdat dit koud was, ‘n rooi kombers om haar gevou het soos ‘n karos. Iemand anders merk toe op hoe baie sy van my vriendin se ‘rok’ hou. Ek voeg by dat ek dink dit sou beter lyk as sy die rooi kombers as ‘n mantel dra met ‘n geel ‘S’ op haar bors – sy het ‘n blou trui aangehad.

Ek is effe kleurblind.

Die kombers was eintlik oranje-roes-rooi, en haar trui turkoois. 

Grappies is net snaaks as almal dit verstaan.

Dieselfde geld vir alle gesprekke – die reëls moet aan altwee kante (min of meer) dieselfde wees voordat daar inligting oorgedra word.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: