Luidkeels 3

So, dis amper weer tyd dat die uiters suksesvolle Retief Burger en kie ‘n derde CD / DVD opneem.

Hierdie keer word daar egter gedoen waarvan ‘n mens net kan droom – of wel, dalk het dit die vorige keer ook gebeur, maar ek het verseker nie daarvan geweet nie. Hierdie keer word die musiek voor die tyd vrygestel – in ‘n onverwerkde vorm, maar nog steeds! Nou al kan mens dit van die Luidkeels webblad aflaai – sodat mens saam kan sing die dag van die Groot Opname – maar meer as dit, nou kan mens dit solank in kerke begin sing! Dankie tog vir die digitale wêreld!

Op die oomblik is ek besig om daarna te luister. Dit klink goed, baie gefokus op lof (wat verwag mens?). Dit klink baie Retiewerig. Wat ‘n goeie ding is. Sien uit daarna om die verwerkde liedjies te hoor – en ook by die opname (R40, by NG Moreleta Park, Saterdag, 25 Julie 2009).

Ek gaan ook dadelik begin gebruikmaak van hierdie liedjies – so vars soos pasgebakde plaasbrood – as ons by die Jakaranda kinderhuis (in Pretoria) begin musiekmaak. Iemand lus om ons daarmee te help? Dit sal lekker wees as mens ‘n span het wat kan afwissel.

Wat kan mens nog sê van Luidkeels 3? Om by die laaste metafoor te hou – hierdie opname kan nie ‘n misbaksel wees as mense dit al voor die gebeurtenis begin gebruik nie!

3 Responses to Luidkeels 3

  1. retief sê:

    Ai man, sommer lekker om so oulike blog te lees. toevallig daarop afgekom…Ek hoop jy laaik die verwerkings baie en dat dit sommer jou verwagtinge oortref. ons is hard aan die werk in die volgende maand nou…met die HEre wat amazing deure al oopgemaak het ens. Die tema ‘oorgegee’: dit wit vlag…dis alles of niks. Ek kan Hom nie my Redder noem en nie ook my Here (meester, baas, eienaar, heerser) nie…dis alles of niks. Oorgegee. Volkome…

    Mag ons almal op die einde van onsself kom en werklik als oorgee… Groete R.

  2. Ronald sê:

    Retief,

    Dis voorwaar goeie nuus dat dit goed gaan met die voorbereidings! Ek sien inderdaad uit na die dag van die opname. Tot tyd en wyl – soos ek genoem het in die post – gebruik ek solank al van die liedjies.

  3. tiaan sê:

    Die feit dat mens die songs kan download, is awesome. Retief-hulle het in Mei-maand hier in Vryheid opgetree en ons gaan met so 40 tieners na die opname toe road trip (ons kort net, as always, nog geldjies). Maar die kinders het al die songs afgelaai en luister daarna op hulle selfone!! Ek meen, wat de flip – dis revolusionêr!
    En natuurlik is U Is My Helper al op die LuidKidz cd/dvd beskikbaar, so daar kan jy na ‘n “verwerkte” vorm van die song luister.
    Sien julle by die opname – ek kan nie wag nie!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: