Handskrif – en stories uit graad 1

Ronald_Handskrif

Retha het my getag om my handskrif te wys. So hier is dit, hierbo.

Dit het al in graad 1 begin. Vir omtrent alles het ek 1’s of 2’s gehad (dit was in daardie dae goed gewees – dink nie dis meer so nie), maar vir skrif ‘n 4 of 5.

Die eeue-oue debat tussen inhoud en vorm.

Ons moes eenmaal ‘n taak maak – ek onthou dit goed – oor ‘n dier van ons keuse. Al die ander kinders het plakkate aanmekaargeslaan. Hoeveel meer pret kan mens jouself indink? Gom; die verskoning om ‘n skêr te mag gebruik; allerhande verskillende  kleure papier!

Ek het plakkate GEHAAT. Met ‘n passie. (En vet weet, ons moes dit nog tot op hoërskool doen!) D’it het vir my gevoel soos so ‘n mors van tyd. Soveel moeite vir so min inligting? Juffrou kan mos nie ernstig wees nie? Gelukkig het sy nie gesê dit hoef ‘n plakkaat te wees nie. Dus het ek my 6 bladsy inligtingstuk oor Die Uil in boekvorm ingehandig, in my aaklige skrif en al.

2 Responses to Handskrif – en stories uit graad 1

  1. Nikita sê:

    Jou handskrif is baie duidelik leesbaar! Ek dink ook plakkaat-take is vermorsing van tyd, dis net prentjies plak en byskrifte, mooi so, jy met jou uile-taak, ek’s gek oor daardie tipe take en nog meer oor uile! Ek het ‘n notaboek vol uiltjies, ‘n uiltjie beursie sommer vir snaaksigheid die ander dag gekoop en uiltjie beeldjies – daardies van skulpies..baie cute! een van my gunsteling voëls! – na ‘n tarentaal. :)

  2. Ronald sê:

    Dankie Nikita!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: