26 – en steeds op soek na my identiteit

Sal ek dit nou maar erken? Ek is nog steeds op soek na my identiteit. Neig 27 se kant toe. Dis telkens as iemand sommer goed aanneem oor my dat ek dit veral ervaar – byvoorbeeld, mense wat aanneem dat ek in die akademie gaan opeindig, êrens by ‘n universiteit, besig om my stowwerige lesings aan te bied vir die stowwerige banke waarop niemand regtig sit nie.

Die afgelope week is ek op veral twee geleenthede uitgedaag om weer ‘n bietjie van meet af aan oor my eie identiteit te dink. Veral hoe ek dit meet. Die eerste geleentheid – laas Vrydagaand. ‘n Koffie-gesprek saam met ‘n vriendin. Sy dwing my, onwillekeurig (en vir haar dalk  – onwetend), om te erken dat dit vir my (te veel) saak maak wat ander mense van my dink. Dis die begin van die nuwe kwartaal, en ek worry oor wat die nuwe klomp studente gaan sien – wat hulle gaan dink – in watter boksie hulle my gaan sit.

Die tweede geleentheid gebeur twee dae later – laas Sondag. Ek woon die oggenddiens by Mosaiëk gemeente in Johannesburg by. (Ons kan ander dag miskien praat oor Mosaiëk self.) Die prediker (Johan Geyser) sê nie regtig iets nuuts nie – nie na Vrydagaand nie – maar bring dit dalk net ‘n bietjie meer ter illustrasie. Op die verhoog is daar ‘n pawiljoen. (Twee konsepte wat my brein al lelik deurmekaar gekrap het.) Telkens stap daar nuwe mense op die verhoog op, kry dan ‘n kaartjie by Johan Geyser, om toeskouers van sy lewe te word, en dan gaan sit hulle natuurlik op die pawiljoen. Na ‘n ruk begin hy daarop sinspeel dat hy nou vir hulle leef. Alles doen hy om hulle tevrede te stel. In pleks daarvan om sy lewe voor God uit te leef.

Die twee kuiers – een minder formeel, op ‘n bank met ‘n koppie koffie in die hand, die ander in ‘n erediens saam met ander Christene – trou in my kop. My vriendin met haar identiteit in God gegrond – Johan Geyser wat nie sy besluite in ander se goedkeuring wil grond nie. Om nie vir ander te leef nie, maar om juis vir ander te leef. As dit enigsins sin maak.

Hopelik dwing al hierdie ligte stampies op die pad my ook al hoe meer in daardie rigting.

3 Responses to 26 – en steeds op soek na my identiteit

  1. Yolande Steenkamp sê:

    I know!

    Ek dink tot ‘n sekere mate lê die besluit rondom ‘n mens se identiteit in jou eie hande. Wie besluit jy om te wees? Speel dan ‘pretend,’ ‘fake it till you make it,’ leef asof dit eintlik is wie jy alreeds is. En voor jy jou oë uitvee, siedaar!

    Maar dis eintlik cheat en oëverblindery, is dit nie? Want wie jy op die bepalende oomblik ‘is,’ sal bepaal hoe jy kies om vorentoe te ontwikkel.

    Projeksie, pelagianisme, prosesteologie! Drie potensiële p-p-probleme.

    Wat dink jy?

  2. Ronald sê:

    Ja, ek dink dis ‘n probleem – om iets te wees wat jy nie is nie, voel net nie vir my reg nie. Plus, om die heeltyd in die toekoms te leef (eendag gaan ek) beteken dikwels dat jy nou niks doen nie.

    Ek hou van jou drie P’s. Alhoewel, met die laaste een sal ek so effens kan saamgaan – maar dan wil ek ook ten minste altyd dit ook stel dat God tegelyk hier is, en ook nie: Hy is in hierdie proses, maar ook buite dit. Dis nou maar natuurlik my persoonlike opinie.

    ‘n Vriend van my het eenkeer gesê dat hy besig is om sy droom te leef. Natuurlik nie alles op een slag nie; maar dit waarmee hy nou besig is, is sy droom. Dalk is dit net ‘n kopswaai. Ek is ook, immers, besig om my droom te leef. Terwyl ek gelyk ook dink dat daar nog baie meer aan hierdie droom is! Die alreeds en die nog nie … gits, baie Bybels!

  3. Sanji sê:

    Weet jy wat is nou irrionie, vreemd, by toeval, per toeval of vertoeval?

    Ek en my vriend het een aand ‘n bier gaan drink by ‘n kroeg en ons het begin besin oor die doel van ‘stuff’ en so het ons gepraat en gepraat en opgeeindig op die kern vraag: wie is ek en wat wil ek he?

    Ek worstel elke dag met myself ook oor hierdie probleem, vraag, kontemplasie, gestoeiery etc…

    Wat mens nodig het vir so ‘n sessie is goeie vriende met ‘n seleksie van goeie kaas en wyn of net lekker bier…

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: