O Kinders! My bedieningsvoorkeure het geskuif!

Terwyl ek nog die predikantpaadjie-teologiekursus op fakulteit geloop het, het ek altyd gedink dit sal lekker wees om met dié of met dáái groep mense te werk. Dis seker maar hoe dit met elke tokkelok gaan. Die eerste ruk (en dit kom van hoërskool af) het ek altyd gedink ek sal ‘n “jeugdominee” wees – dis nou iemand wat se hooffokus op tieners is. Dit het redelik gou verander op universiteit; ek het begin dink studente is meer my ding – of miskien ou mense.

Redelik onlangs het ek weer skuiwe gemaak in die volgorde van hierdie voorkeure. Die lysie lyk nou so:

  1. Nog steeds studente; insluitende mense net na skool wat nie gaan studeer het nie.
  2. Mense tussen 40 en 60.
  3. Voorskool en laerskoolkinders.
  4. Oumense (ouer as 60).
  5. Mense tussen 25 en 40.
  6. Tieners (hoërskoolkinders).

Alhoewel die studente ding nou al ‘n rukkie lank in plek is, was daar ‘n radikale omswaai tussen hoërskoolkinders en laerskoolkinders. Hulle het net mooi plekke omgeruil. Snotneusies, inkleurkryt en klein skoene maak my nog steeds nie kinderlik opgewonde nie (en die kanse is goed dat dit nooit sal gebeur nie); erger nog, wanneer mense baba-taal begin praat en verkleinvorme vir alles begin gebruikies gooi ek steeds in my mondjie op, maar ek verander nie meer in ‘n soutpilaar as die klein goed in my teenwoordigheid kom nie. Inteendeel, dit voel vir my asof ek al hoe meer agter die kap van die byl begin kom en verstaan hoe werk die goed se koppe! Natuurlik is dit wat jy sien dit wat jy kry. Belangriker nog, hulle het min of meer almal dieselfde behoeftes – en dit kan ‘n mens deur die bank lees en aanspreek. Dieselfde kan mens nie sê van tieners nie – daardie klomp is oppervlakkig op ‘n ander manier.

2 Responses to O Kinders! My bedieningsvoorkeure het geskuif!

  1. tiaan sê:

    Vir die Jode ‘n Jood en vir die Grieke ‘n Griek en vir die oppervlakkige tieners…nou-ja, wat de hel gaan ek daar doen? Nou daal ek maar somtyds af en lag saam vir die simpel goed wat onderysers sê of hulle vriende doen.
    Voordat ek nog ‘n donnerse jeugweek moet hou.

  2. Sanji sê:

    Jeug of sal ek eerder se jigggg, dit laat nogal ‘n lekker trilling in jou mond.

    Hierdie konsep of eerder woord van “‘n jeug dominee” hett sommer al ‘n vinnige dood gesterf toe ek op universiteit was. Dit is een van daardie woorde wat nie regtig diepte besit of ‘n eintlikke doel dien nie.

    Maar ja, jy weet mos hoe dinge werk, die jeug voor en agter en sommer tussen in ook soms. my vraag neet altyd… voldoen dot regtig aan wat hulle nodig het?

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: