Kerk op die internet?

Is daar ruimte vir kerk op die internet? Dis ‘n vraag wat ‘n paar van ons al op Google Wave onder die vergrootglas gehad het. My kort antwoord hierop is “nee”. Tot onlangs toe kon ek egter nog nie my vinger plaas pop juis wat dit is wat my daarvan pla nie.

Ek dink die probleem is gemeenskap. Ons siening van kerk en hoe om kerk te wees, dink ek, is heeltemal te veel informasiegedrewe. Dink ‘n bietjie daaroor. Om net eredienste as voorbeeld te gebruik (want daar is baie ander manier om “kerk te wees”): Mense stel baie maklik ‘n erediens aan ‘n preek gelyk – m.a.w. “die diens was vandag goed gewees” = “die dominee het vandag mooi gepreek”. Ja, miskien ook ‘n bietjie van hoe die inligting oorgedra word (“mooi gepreek”). Hoofsaaklik, egter, wat oorgedra word.

Dis natuurlik nie nuus nie. Wat ek egter nou hier wil sê, is dat hierdie informasiegedrewe verstaan van wat die kerk is, ook oorgespoel het in hoe ons daaraan sal dink dat kerk op die internet moet wees. Dink byvoorbeeld aan echurchalhoewel hierdie oordra van inligting ‘n baie nodige (en nuttige) ding is, voldoen dit nie aan wat ‘n kerk moet wees nie – of wat ‘n erediens moet wees nie. Net so is daar baie ander informasiegedrewe inligting op die internet beskikbaar – podcasts, video’s en ander blogs. Gewoonlik is hierdie egter net die preek – nie eers die hele erediens nie!

Nou is ek seker ‘n bietjie hard op die internet. Die koms van Web 2.0 het natuurlik vir ons die geleentheid gebied om te antwoord in ‘n gesprek – en so dit eintlik regtig ‘n gesprek te maak. Ek sal dit egter waag om te sê hierdie is ook meestal gegrond op inligting. Dit gaan nog steeds oor die wat van die gesprek.

Aan die einde van November het ek die voorreg gehad om saam met ‘n Amerikaanse familie Thanksgiving te vier. Die meisie wat my genooi het, het voor die tyd vir my verduidelik wat ek verwagte kan wees. Op ‘n punt het sy min of meer die volgende gesê:

After lunch, we just sit around and enjoy each other.

Mens sou natuurlik verwag “enjoy each other’s company” – maarbogenoemde is wat sy gesê het, en dit het soveel meer trefkrag. Daar is iets daarin om soms net bymekaar te wees, selfs al doen mens niks – al sê mens niks.

3 Responses to Kerk op die internet?

  1. Ek stem saam, dis soms brood nodig om net saam te wees. Die beste gesprekke wat ek ooit in my lewe gehad het was sonder woorde.

  2. cobus sê:

    ek het nogals uit die laaste paar weke se gesprekke oor die goed met baie van die land se predikante iewers begin dink dat die toegang tot informasie van ‘n Web 2.0 omgewing dalk ons juid gaan uitbring by hierdie gemeenskap karakter van kerkwees. Dalk kan ons begin kyk na kerke wat nie preek nie, juis omdat daai deel so maklik op ander plekke gevind kan word. Kerk word dan die gemeenskap deel, die plek waar ons inligting integreer met ‘n lewensstyl.

  3. Ronald sê:

    Cobus, ek stem saam dat ons dalk na kerke moet gaan kyk wat nie preek nie. Die probleem is egter dat dit net ‘n sekere tipe mens is wat aan ‘n gesprek – ‘n Web 2.0 gesprek (wat moontlik broadband nodig het) – kan deelneem. Dan word mense nooit met mense uit andersdenkende kringe – en mense uit ander sosiale vlakke (dus, mense met baie minder geld!) blootgestel nie.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: