‘n Storie oor Jesus – Markus 8 as dit vandag sou plaasvind

Hier is my sondebelydenis vir 2009: hoe Markus 8:1-9 in vandag se taal sou klink. Dis bietjie oorgeskryf van die ’83 vertaling – spelfoute is myne :o)

In daardie selfde tyd was daar weer ‘n keer ‘n groot klomp mense by Jesus, en hulle het niks gehad om te eet nie. Hy roep toe sy dissipels nader en sê vir hulle: “Ek kry hierdie mense innig jammer, want hulle is nou al drie dae lank hier by My en hulle het niks om te eet nie. Kom ons leer hulle om brood te bak, sodat hulle nie langs die pad beswyk nie. Immers, gee iemand ‘n brood, en hy eet vir ‘n dag; leer hom hoe om brood te bak en hy eet’n leeftyd. Ons kan hulle sommer leer visvang ook.”

Maar die dissipels sê vir Hom: “Moet ons nie darem eers eet nie? Ons moet darem eers na onsself kyk, dan kan ons dit wat oor is uitdeel. Netnou beswyk óns!”

Hy vra hulle toe: “Hoeveel brood het julle?”
“Sewe,” antwoord hulle.
Toe gee Hy die mense bevel om op die grond te gaan sit. Nadat Hy die sewe brode geneem en God gedank het, het Hy dit gebreek en vir sy dissipels gegee. Hulle het smullekker geëet. Daar was selfs vissies sodat hulle nie die brood so droog hoef af te gesluk het nie. Hulle het geëet en genoeg gekry.
Daarna het hulle die mense geleer hoe om brode te bak en vis te vang. Hy het die mense toe huis toe gestuur. Hulle kon nou vir hulself sorg – leeglêery is immers die duiwel se oorkussing.

Mag ek in 2010 anders dink en meer van myself gee.

4 Responses to ‘n Storie oor Jesus – Markus 8 as dit vandag sou plaasvind

  1. Herman sê:

    Dis lekker. Die boodskap vir my is: kyk eers na jouself maar nie net na jouself nie.

  2. Lourens sê:

    Ek stem saam met wat jy probeer se Ronald, hoewel ek nie dink die een sluit die ander uit nie. Gee die kos onmiddelik, maar leer ook die mense. Aan die ander kant, wees self bereid om te ly in die proses en op te tree ten koste van jouself.

  3. Ronald sê:

    Jip. Die probleem is – en ek dink jy sal met my saamstem, Lourens – as mens dit gebruik as ‘n verskoning is dit eintlik walglik.

    Herman, ek het meer oorgeleun na die “kyk eers vir ander, dan vir jouself” kant, dink ek.

  4. Lourens sê:

    As jy Chrisostomus se komentaar/homilia op Matteus lees word jy oor en oor gekonfronteer deur sy pleidooi dat die rykes nie net aan armes nie, maar ook aan bedelaars moet gee. Geen verskonings nie. Maak nie saak wat jy dink nie, as die persoon nie nood gehad het nie sou hy dit nie gedoen het nie. Daar is ander sake ook, maar dit is die hoofsaak vir Chrisostomus.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: