Wonderwerke en getuienis

“Daar is geen manier dat enigiemand so ‘n ongeluk kan oorleef nie. Almal in die kar moes dood gewees het toe die bakkie daardie aand in ons vasgejaag het. Daar is net geen manier dat die spoed waarteen hy ons getref het nie ons almal se dood veroorsaak het nie. Dit moes ‘n wonderwerk gewees het. God is groot!”

Dis nie die eerste keer dat ek ‘n getuienis hoor nie. Ongelukkig, moet ek effens bieg. Daar is iets van dieselfde inhoud aan meeste getuienisse, ‘n geheue, ‘n wrang déjà vu. Meeste getuienisse veronderstel ‘n wonderwerk. God gryp op ‘n bonatuurlik wyse in die lewens van mense in; beskerm hulle van doodsgevaar; genees hulle op ‘n wonderbaarlike wyse.

Dalk trek dit juis my aandag omdat ek dan sit en dink aan juis elke keer wat God dan so te sê nie ingegryp het in mense se lewens nie.

Die bakkie het geslinger – eers regs, toe links, toe weer regs – en elke verwoede draai het dit al hoe nader aan hul kar gebring. Die pad was nat – dit was natuurlik moeilik om beheer oor die bakkie te hou. Heeltemal te moeilik. Die twee jong mans en die meisie in die kar is op slag dood. Daar was in elk geval geen manier dat enigiemand so ‘n ongeluk kon oorleef nie.

Beteken dit dan dat God in hierdie tweede voorval nie kon of wou gehelp het nie? Of dat Hy die groot Puppetmeischter is wat toutjies trek en so oor ons lot beskik?

Wonderwerk-getuienisse (die oorgrote meerderheid van getuienisse) ontstel my want dit veronderstel ‘n God wat meestal ver en afwesig is. Dit ontstel my want dis hoe die grootste groep Christene oor God dink – dat Hy van êrens af bonatuurlik ingryp in ons lewens – maar net partykeer.


8 Responses to Wonderwerke en getuienis

  1. drettienne sê:

    Hi daar! Ek lees toevallig die blog raak vannaand teryl ek my eie gedagtes probeer neerlê. Ek het self die laaste tyd die wonderwerk ding beloer en beleef en kan getuig – God is nie ver nie, Hy is hier, by ons en doen steeds wonders. Hy wil soooooo graag, as ons Hom maar net wil toelaat. Lees dalk maar http://wegenwaarheid.wordpress.com/doen-god-nog-wonders/

  2. Shinji sê:

    Ek weet at jy bedoel….

  3. Ronel sê:

    Ek het gistraand ‘n wonderwerk beleef.
    ‘n bitjie agtergrond oor die hele storie; ek en my man is besig om te skei, en hy maak dinge moeilik vir my en ons 18 maande oue seuntjie. Gister het ek so ‘n bitjie van a “breakdown” gehad, maar vinnig weer kalmeer. Het gistraand baie hard gebid oor my finasiele probleme, want ek moet maandag internis toe gaan want ek het ‘n ganglio cist op my gewrig en dit belemmer my gebruik van my hand (dit het kompleet soos ‘n stukkie been gelyk en gevoel wat uitsteek) en dit kos ‘n fortuin en dan moet ek nog die prokureurs betaal om die saak aanhangend te maak. Ek het vir God gese vat asseblief al my probleme en sorteer dit vir my uit want ek weet nie meer watse kant toe nie. Ek het gistraand gedroom ek en my ma is in ‘n kerk, en daar is vreeslik baie mense om ons. Vanoggend toe ek wakker word besef ek my hand is nie so seer soos elke ander dag nie, en julle sal dit nie glo nie, maar die cist is amper weg, dit sit nog daar maar is baie kleiner en dit is sag as jy daaraan vat.WAT ‘N WONDERWERK!!!!!!

    Mense besef nie dat jou eenigste werklike uitweg is om jou oe op te slaan na die hemel en op jou knie neer te sak en te BID,BID,BID nie!!! Dink net as God hierdie klein dingetjie vir my kon doen, watse groot Berge kan Hy eintlik vir jou uit die pad skuif. Ons moet net aanhou glo dat God is aan ons kant, en Hy hoor ons nood kreet, al kry ons nie altyd dadelik ‘n antwoord nie, Hy weet presies wanner om vir ons te gee en te wys wat ons vra.

    Loof God want hy is goed!!!!!

  4. Bets van Zyl sê:

    Ek kan maar net getuig van die grootheid en almag van God. Daar is so baie dinge wat ons nie verstaan nie; dinge wat vir ons nie sin maak nie. Die Here het my 20 jarige seun in n motorongeluk weggeneem slegs vier maande nadat hy Jesus as Verlosser en Saligmaker ontmoet het. Die aand voor sy begrafnis het my oudste seun Jesus ontmoet as sy Verlosser. Later het al my kinders en skoonkinders ook hul saak met die Here reggemaak. Alhoewel my hart nog gebreek is oor my kind se dood, dank ek die Here vir die wonders wat Hy in ons gesin se lewe kom doen het. Ek weet ek gaan my kind weer sien as die Here my kom haal. Loof die Here! Hy is groooot!

  5. Hello There. I discovered your blog the usage of msn. That is a really neatly written article.
    I’ll make sure to bookmark it and return to read more of your useful info.
    Thanks for the post. I will certainly return.

  6. Excellent post. I was checking continuously this blog and I’m impressed!
    Very helpful info particularly the remaining part :)
    I deal with such information much. I was seeking this
    particular info for a very long time. Thank you and good luck.

  7. Wonderful goods from you, man. I have understand your stuff previous
    to and you are just too excellent. I really like what you’ve acquired here, certainly like what
    you are saying and the way in which you say it.
    You make it enjoyable and you still care for to keep it wise.
    I cant wait to read far more from you. This is really a wonderful
    website.

  8. Simply want to say your article is as amazing.
    The clearness in your post is just nice and that i can think you’re a professional in this subject.

    Fine along with your permission let me to grab your feed to stay up to
    date with approaching post. Thank you a million and
    please keep up the rewarding work.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: