Facebook updates, ET, Malema, vriende en relevansie

Op Facebook ontdek ek toe Eugene Terre’Blance is vermoor.  Een van my ‘vriende’ wil hê ek moet by ‘n groep aansluit wat dit gaan ‘wreek’ of iets in daardie lyn; ons blankes moet almal saamstaan, ens. ens.

Aanvanklik pla dit my dat iemand sal dink ek sal by só ‘n groep wil aansluit. Nog een persoon nooi my uit om by ‘n soortgelyke groep aan te sluit. “Ken hierdie mense my nie?” wil ek vir die wêreld skree.

Dis die laaste uitnodiging wat ek ontvang. Ek het nie ‘n SMS 2-uur die oggend ontvang om my van die gebeurtenis in te lig nie; ek het ook nie ‘n SMS ontvang met een of ander belaglike aanbod van 2 miljoen rand om Julius Malema uit die weg te ruim nie.

Hier en daar brand daar nog vure op Facebook se status updates. Van my ‘vriende’ wat gal braak teen ons land en wat my net ontstel. Vir ‘n ruk oorweeg ek dit om my status update iets in die lyn van die volgende te maak:

Hierdie is nie ‘n waarskuwing nie; net ‘n blote stelling. As jou Facebook status enigsins ‘n rassisties kleur het, gaan ek jou van my Facebook vriende verwyder.

Sou wraggies woord by daad ook gehou het. Dink nou egter anders daaroor. Dit pla my dat so min mense my genooi het om deel te word van hulle ‘aksies’. Nee, eintlik pla dit my nie soveel nie. Die vraag is net – hoeveel relevansie het ek as mense my nie na sulke goed wil uitnooi nie? Leef ek net in my wêreldjie, omring deur my enersdenkende vriende, en ons sê maar net dieselfde goed vir mekaar wat ons eie verstaan van die wêreld net nog meer versterk?

Ek gaan nie daardie vriende van my van Facebook af verwyder nie. Die kans dat hulle my oortuig om enigsins soos hulle te dink, is baie skraal, as ek eerlik moet wees. Dalk geld dieselfde vir my kanse om hulle oor te haal om soos ek te dink. Die probleem is net – dalk verloor ek heeltemal betekenis vir almal; veral as ek nie meer bereid is om te luister wat ander sê nie. Dalk, net dalk, luister iemand wat ek ook sê.

4 Responses to Facebook updates, ET, Malema, vriende en relevansie

  1. tiaan sê:

    hmmm…nou laat jy mens dink nè!

  2. mags sê:

    veral as hierdie die dinge is wat vir mense in die gemeentes ‘n werklikheid is en hulle weet nie wat om daarmee te maak nie. dan moet ons hulle mos so bietjie bystaan, en dus kan ons nie maak of dit nie saak maak nie…makit sin? hehe

  3. cobus sê:

    ek wonder van Maandag af al oor wat die effek was van die tweet na tweet wat oor vrede praat, en die retweet ne retweet van koerantberigte van almal van COSATU tot die AWB wat ons oproep tot kalmte. So stukkie vir stukkie dink ek tog word mens gehoor. BBC het my selfs uit Engeland uit gebel n.a.v van tweets oor die goed. So beur maar voort deur ‘n stem van vrede te wees in hierdie tyd.

  4. johanna79 sê:

    kyk, ek is nou ook maar al lekker gatvol vir die hele storie.quite frankly het ek gedink die ou omie is al jare terug dood. en ek het vinnig my fb vriende in gelig dat ek ‘n God van liefde en vergifnes dien ek is nie bang oor wat met ons land gebeur nie. my God het aan my belowe dat Hy by my sal wees AL GAAN EK DEUR N DAAL VAN DOODSKADUWEE… en as ek nie mis is nie is dit die selfde God vir wie die eintste afrikaners se groeikies gevra het om hulle op die 16 Desember te help… regtig waar gaan ons almal nou weer kerse en baked beans in ons bomskuilikgs gaan stock?
    oor die Fb vriende ding. ek het verlede jaar die selle stelling oor die bulle gemaak en nog voor ek hulle van my fb kom verwyder het ‘n paar vriende hulle self sommer verwyder.
    ek se as, jy vriende jou regtig so sleg ken, is hulle werd om vriende genoem te word???

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: