Die Nag van die Treinstasies

Lanklaas dat ek so uitgesien het na ‘n kulturele gebeurtenis. Verlede Saterdag kon ek amper myself nie inhou nie – my eerste groot Duitse fees! En watter belofte het hierdie fees nie ingehou nie! Op meer as 50 plekke in 5 groot areas was daar meer as 200 dinge wat besig was om gelyk te gebeur. Enigiemand wat die fees kon bywoon, kon van al die publieke vervoer op daardie dag gebruik maak; hetsy trein of bus of selfs boot. Musiek, kuns, drama, uitstallings, kos, literatuur … alles in een fees saamgeboender.

Ek het die grootste deel van die nag op treinstasies deurgebring.

Vervlaks!

Slegte beplanning het veroorsaak dat ek nie die speletjie reg gespeel het nie. Dit sou sin maak om by een punt te begin en dan al in die rondte te beweeg – maar in plaas daarvan het ek eerste na die plekke probeer gaan wat ek definitief wou sien – wat nogals deksels moeilik was om op te spoor.

Vir die van julle wat Google Maps gebruik – of selfs seker ander kaarte of ‘n GPS sisteem – daar is meer as een Philosopenstrasse indie Ruhr-gebied. En as jy by verkeerde een afklim, kom die volgende trein eers weer oor meer as ‘n halfuur. En dan is dit meer as ‘n halfuur tot by enige noemenswaardige stasie. Ek sê maar net.

Menige maal was ek egter wel op ‘n toepaslike stasie, maar dan het ek rondgehardloop – en wanneer ek op een punt kom, besluit ek dan om eerder na ‘n ander punt met die trein te ry. Ek het soos ‘n mal haas rondgehardloop. Die gevolg was dat ek haas (vergewe asseblief die sinspeling) geen trein net-net gevang het nie – nee, ek moes vir almal ten minste 20 minute wag.

Dis baiekeer in die lewe ook so, skat ek. Mens hardloop so rond en is so besluiteloos, dat mens eintlik niks uitgerig kry nie. In plaas daarvan om gefokus te werk, werk mens net daaraan om te fokus. Toe ek uiteindelik besluit om net eenvoudig die rondtes te doen met die spesiale vervoer wat vir daardie aand aangestel is, het ek heelwat meer te siene gekry. Ongelukkig nie te veel nie. Dit was ‘n duur les, maar ‘n goeie een. Inderdaad, ek het baie tyd gehad om daaroor te dink … terwyl ek op trein en treinstasie my tyd moes verwyl.

(Ek het darem die Legoland Discovery Center besoek – en ‘n uitstalling oor ridders in die 13de eeu.)

One Response to Die Nag van die Treinstasies

  1. […] Naturally I travelled not only by bicycle, but also by train. Not all experiences on the train were so great; at least once, in trying to navigate during ExtraSchicht, a most wonderful cultural happening in the Ruhrgebiet, I got totally depressed. […]

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: