Die leë woestyne in my kop

Ek het al die goed vergeet wat klomp ander mense nog moet leer.

Deksels, dis ongelukkig regtig so. Dit voel of ek deur ’n woestyn stap – ’n leë woestyn, so groot en wyd dat mens die kurwe van die horison kan sien. Af en toe kom ek op ’n stukkie kennis afgestrompel; verbleikde skelette van goed wat ek êrens gelees of gehoor het, sonder om dit te kan plaas.

’n Mandjie waarin alle nuwe kennis soos water deursyfer en dan verdwyn. Dalk lê al daardie kennis nog daar onder die woestyn – grondwater. Dis frustrerend, hierbo voel dit net ’n leë woeste. ’n Dors na nog … kennis. Meer inligting, meer grondwater. Dalk is dit hoe dit werk: eendag gaan daardie grondwater so baie wees dat dit nie meer kan help om bo grondvlak uit te stoot nie.

Dalk, as ek stilstaan en mooi luister, kan ek nou al die gedruis daarvan hoor.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: