Hoor jy daai stille woorde suis?

Nagte het ek omgesweet en omgerol. Nie oor my meisie nie; eerder oor dit wat haar pa gesê het:

“Daar is altyd iets agter iemand se woorde. As jy mooi luister, kan jy agterkom hoekom daardie persoon iets sê, of wat hulle dink.”

Natuurlik pak die vrees my onmiddelik beet soos ’n Sumo-stoeier. Wat weet die oom? Ek verstik amper aan ’n hap aartappelsaai. Dit voel of hy so reg in my siel kan inkyk.

Die oom had ’n punt beet. ’n Baie belangriker punt as net die gewone jongman-meisie vraagstuk. (Wat toe nou nie so geheimsinnig en raaiselagtig was as wat ek myself toentertyd voorgestel het nie. En ja, ek mag toentertyd gebruik, want toe ek nog jonk was, was toentertyd ’n woord wat beteken het iets is baie oud.) Daar is dikwels iets agter die woorde wat iemand gebruik; stille woorde wat soms op iemand se gesig geskryf is; soms in iemand se lyf te lees is; soms net bloot soos ’n magiese musikale botoon in die lug hang; en erger nog, soms in skrille kontras skree teen dit wat hardop gesê is.

As mens mooi luister kan mens dit hoor. Dis soos ‘n stille gesuis wat op ‘n baie hoër frekwensie loop; mens moet net jou ore instem om daarna te luister. Partykeer is dit ‘n voorveronderstelling. Hulle is volop, 2 cents a dozen. Andere kere is dit ‘n vraagteken – ‘n misverstand. Partymaal meer van ‘n uitroepteken – ‘n aandagtrekker – ‘n pleidooi. Laasgenoemde is die ergste.

Laat elkeen wat ore het om te spits luister! Wysheid is om tussen die lyne te lees; en dan die stille suis te antwoord.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: