‘n Oop Monoloog: my geloofstorie, Deel 4

‘n Goeie vriend het my in September 2009 in effek gevra wat ek nou eintlik glo. Hierdie is my antwoord, so effens aangepas, maar grotendeels soos ek toe daaroor gedink het. In klein happies opgedeel.

Deel 4 – die boek oor die Boek en Universiteitsoord

Êrens in my eerstejaar (o gits, ons is nog steeds by my eerste jaar :o ) het ek daardie boek gelees waarvan ek jou al vertel het: Bruce Metzger se The Text of the New Testament. Ek het dit vir R20 gekoop by Protea Boekwinkel– ek kan nie eers meer onthou hoekom ek daar was nie, kan net onthou ek het gedink dis ’n bargain en dat dit nou ’n lekker boek gaan wees. Die eerste deel het gegaan oor hoe antieke boeke gemaak en oorgeskryf is – daar het dit my al gehad. Ek het sonder om twee keer te dink die volgende jaar ingeskryf vir Latyn (omdat die Bybel al vroeg reeds in Latyn vertaal is, maar ook omdat sommige kerkvaders in Latyn geskryf het – hulle haal gereeld die Bybel aan) en Duits (omdat baie boeke oor die teks van die NT in Duits geskryf is, en die bekendste sentrum wat hiermee werk in Duitsland is). Is dit nodig om te noem dat ek van Latyn en Duits gehou het? Die Duits was darem nie so moeilik nie, maar die Latyn was vrek baie werk. Menige dae het ek twee ure in die bib se studielokale gaan sit om my huiswerk te doen – maar dan het ons in die klas in ’n halfuur se tyd verby die punt gelees tot waar ek gekom het. (Teen die tweedejaar en derdejaar Latyn se tyd – my derde en vierdejaar –  was ons net vier en later drie mense in die klas – en die ander het al 5 jaar Latyn op skool gehad). Goeie vakkeuses, egter. Latyn het kerkgeskiedenis en Sistematiese Teologie (en ’n bietjie NT) makliker gemaak, terwyl Duits met NT, OT en Sistematiese Teologie gehelp het. Nie bietjie gehelp het nie, BAIE gehelp het.

Miskien kan ek dit weer hier net vinnig noem, tot op hierdie punt het ek geen geloofskrisis ervaar nie. Ek weet van my klasmaats het, en dink boonop dis nodig, want anders gaan jy dalk deur 6 jaar se opleiding waar mense vir jou allerhande gereedskap voorhou – ook om te dink – en jy net niks daarvan jou eie maak nie.

Aan die einde van my tweedejaar het ek by Amicus betrokke geraak. Tot hier toe het ek hoofsaaklik in die oggend Universiteitsoord toe gegaan, en soms in die aand – dis nou, as die Levi mense saam met wie ek uitgehang het in die aand gegaan het. Ek het sommer net aansoek gedoen vir ’n posisie op die WK (wykskommittee), en het dit toe gekry. Die volgende jaar eerstejaarskamp toe, bietjie die mense leer ken, lekker gesels (ook teologie) en toe al hoe meer betrokke geraak by die hele storie. Dit het daarop uitgeloop dat ek toe die volgende jaar (my vierdejaar) as voorsitter dien. Saam met ’n hele klomp ander übercool mense op die SK. Ek wou dit eers nie doen nie, maar daar was nou nie juis iemand anders nie. Oom Willem (Nicol), weer, het aan die begin ’n bietjie gewonder of ek die mas gaan opkom. Groot pret. Die effek van hierdie hele situasie: ek het besluit predikant is dalk beter as dosent, after all. Nie dat my studies te veel daaronder gely het nie – maar ek het wel baie tyd by die kerk spandeer. Dit was regtig ’n goeie tyd in my lewe.

Nog steeds, egter, nie ’n geloofskrisis in sig nie. Nog steeds gevoel ek weet te min. Nog steeds teologie studies geniet en veral OT en NT verslind.

Volgende keer: kerk werk en “opskop”

2 Responses to ‘n Oop Monoloog: my geloofstorie, Deel 4

  1. Pieter sê:

    Dis vir my baie interessant om jou kant van ons swottings te lees. Oor deel drie was ek lyk my nogal reg oor jou diplomasie, of soos ek dit genoem het “Ronald is soos Poolland of Switserland.” Hehe. Sien uit om die res te lees.

  2. Ronald sê:

    :)

    Ek dink ek is nog steeds maar baie keer Switserland (sal maar daardie een verkies, aangesien hulle nie ingeval is in WWII nie); weet nie of dit ‘n goeie ding is nie.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: