Wie?

Oor alles hou die wurm wag

en stof en as is al wat bly

– Eugène N. Marais

Soms hou ek my lyf digter, maar nie op dieselfde vlak as Oom Eugène nie.

Soms skryf ek liedjies, maar nie op dieselfde vlak as U2 of selfs Koos Kombuis nie.

Ander kere lees ek weer goed. Ek hou veral daarvan om die Nuwe Testament te lees, of goed oor die Nuwe Testament; eintlik dieselfde met die Oue ok. Seker maar omdat ek besig is met verdere studies in hierdie velde by die Universiteit van Pretoria. Dis nou ná ek vir ‘n predikant geswot het. (Ek is egter nie ‘n predikant nie – net ‘n proponent.)

Ek hou van koffie. Ek hou eintlik te veel van koffie. Ek hou nie van sigorei-ekstrak nie. Ek het onlangs begin Rooibostee drink; nie as ‘n plaasvervanger nie.

Soms raak ek opgewonde oor die (vroeë) kerkgeskiedenis. Wat my nog meer opgewonde maak, is die geskiedenis van hoe die Nuwe Testament oorgelewer is. Dis veral ou manuskripte wat my opgewonde maak. Mense dink ek is weird.

Ek bly op die oomblik in Duitsland, maar ek is trots daarop dat ek uit Suid-Afrika kom. Ja, ‘n ruk terug het ek dit so beskryf (en sal dit weer so beskryf as ek weer terug is – want ek kom definitief weer terug!)

Ek bly in Suid-Afrika, en ek is mal daaroor. Daar is mense oorsee wat elke dag opstaan en dink: ek wens ek kan in Afrika woon. Ek staan gereeld op en dink: EK WOON IN AFRIKA!

As mens mielies, skulpgruis en lêmeel in ‘n blik in lae gooi, en mens skud dit baie versigtig, begin dit van onder af boontoe meng. Ek word darem so af en toe geskud. Elke nou en dan val daar ‘n stukkie van die lae in die samelewing van Suid-Afrika vir my plat.

Totdat ek weer terugkom, moet ek egter eers ‘n bietjie groei hier in Duitsland. Wat wou, en dalk ook ‘n paar mense oortuig om ons beeldskone land te besoek. Nou ja.

2 Responses to Wie?

  1. tiaan sê:

    Hello Ronaldo…

  2. Kobus sê:

    Hallo Riaan. Ek hou v jou blog en die inhoud. Ek het gewonder watter template v WordPress jy gebruik? groete uit Suid-Afrika. Maak die beste v Duitsland. Kobus Smit

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: