Fokofpolisiekar en die Intense Leegheid van die Siel

‘n Vriend van my, wat (onder andere) hier blog, doen navorsing oor Fokofpolisiekar. Meeste mense weet dit nie, en ek vermoed sal dit ook nie sommer raai nie, maar ek het meer as die helfde van my MDiv skripsie met Fokofpolisiekar in die agtergrond (en BAIE koffie) geskryf.

Hulle is eenvoudig net een van die groepe wat die beste musiek – musikaal, bedoel ek nou – in Afrikaans maak. Ek vermoed dit is die hoofsaak hoekom baie mense na hulle luister. Inderdaad, ek is nie so seker of almal noodwendig hulle boodskap snap nie – vergelyk byvoorbeeld hierdie lirieke van Hemel op die Platteland wat ek op die internet gekry het (sal maar eerder nie sê waar nie):

Kan jy my skroewe vir my vasdraai?
Kan jy my albasters vir my find?
Kan jy jou idee van normaal
By jou gat opdruk?
Kan jy?
Kan jy Aberdeen spel?

Ironies dat die ou nie “vind” kan spel nie – of ten minste nie gesien het dit is verander deur ‘n woordverwerker nie. Nog meer van ‘n ironie dat die woord “a-p-a-t-i-e” nou vervang is met “Aberdeen” – wat beteken die hele punt van die liedjie is gemis.

Hemel op die platteland is een van die groep se ouer liedjies. Dit bevat natuurlik ook hierdie opspraakwekkende gedeelte:

Kan iemand dalk ‘n god bel
En vir hom sê ons het hom nie meer
Nodig nie
Kan jy –
Kan jy apatie spel?

Ek dink hierdie is ouens wat erg ontnugter is – deur die kerk; deur die samelewing waarin hulle grootgeword het. Ek dink hulle is ouens met diep insig.

Ek dink ook hulle is verkeerd.

Hulle lewer egter sosiale kommentaar wat mens nie sommer kan miskyk nie. Sosiale kommentaar – en kommentaar op die kerk – wat ek hoop op een of ander tyd deur alle teologiestudente in die gesig staar word. Ek gaan nie alles in hierdie een post kan aanraak nie. Ek kan maar net hier en daar so losweg vat. Die volgende deel uit Lugsteuring, byoorbeeld, het my veral aangegryp:

Ek wil net nie verkeerd wees in
hierdie lewenslang kleedrepitisie nie
Is die monster wat jou jaag
emosionele progressie?
Is jy die enigste vyand van
spirituele tegnologie?
Ons oë is vervang met skerms
en ons siele met prentjies van die see

Nou, ek vermoed ons het hier te doen met ‘n erediens.  Dink mens kan dit sien in die res van die liedjie ook. Dink dis nogal baie raak. Die hele “kerk-toe-gaan” ervaring het mos tot ‘n groot mate ‘n toetssteen geword vir mens se geloof. Dit spreek van onegtheid – iets wat mens gerus uit jou geloof uit kan sny.

Terselfdertyd, dink ek, is hierdie ouens bewus van iets groters, selfs al kies hulle om dit mis te lees. Ja, hulle wil die Greep van Geloof afgooi. Maar waarmee sit mens dan? Ek dink mens kan dit gerus die Intense Leegheid van die Siel noem. Kyk bietjie na hierdie aanhaling – al die lirieke van Tiny Town:

In wrede woede het ek die
hand wat beheer gebyt
Verwyt myself op harder en
harder grond neergesmyt
Dis nou ek wat die leiband lei
Te veel verskeur om sulke
argumente ernstig op te neem
Miskien is niks soos wat ek dink dit is nie
My greep op my geloof glip gereeld
My wonde wonder waar genesing kom vandaan
Soet slaap sonder sonde vanaand

Miskien is niks soos wat jy dink dit is nie
Jou greep op jou geloof glip gereeld
Jou wonde wonder waar genesing kom vandaan
Soet slaap sonder sonde vanaand

Hierdie liedjie het my aangespreek. Ek waardeer die eerlikheid daarvan – die absolute openheid. Ek betreur die feit dat die kerk nie ‘n oop genoeg ruimte – en ‘n veilig genoeg ruimte – skep vir mense wat sulke vrae wil vra nie. Die gevolg? Afgesien daarvan dat die idee van die kerk gesien word as iets met gesag wat op mens afgedwing word? Iets wat afgegooi moet word? Na my mening: mense wat verskeur word. Hierdie is goed waardeur ‘n mens moet worstel; maar daar is geen plek daarvoor nie. Hierdie is goed waarmee ek graag mense sou wou uitdaag; maar daar is geen plek daarvoor nie.

Anderkant die vermaaklikheidskerk en die Intense Leegheid van die Siel lê daar antwoorde. Graag sal ek mense daar wil sien aankom, maar dit moet nie geforseer wees nie. Sal ek Fokofpolisiekar vir mense aanbeveel om hulle hiermee te help? Nie sommer vir enigiemand nie. Vir teologiestudente – wel, miskien. Iets anders wat ek wel definitief vir teologiestudente sal aanbeveel is om Oppikoppi toe te gaan – sodat hulle kan leer van die wêreld, van liefde en aanvaarding. Ja, nie noodwendig om mense daar te gaan bekeer nie, maar net om bietjie waar te neem – en te leer. Plus, mens hoor dalk net ‘n bietjie goeie musiek ook. Dít is egter ‘n post vir ‘n ander dag.

13 Responses to Fokofpolisiekar en die Intense Leegheid van die Siel

  1. Annie sê:

    Goed gestel. Ek was ook by Oppikoppi, en het heelwat skokkende dinge waargeneem, maar ek bedoel, mens moet tog besef dit is wat rondom ons aangaan, jy kan nie net jou kop in die grond druk soos ‘n volstruis nie.

  2. Skillie sê:

    AHOY daar ronald! thanx dude! waardeer jou insette! baie awesome – ek dink nogal baie so – ek moet ‘n taak doen vir kerkgeskiedenis oor Angus Buchan(weet nie eers hoe om sy van te spel nie) en of dit ooreenstem met die herlewing wat die kerk beleef het en ek dink net om bietjie dieper te dink kan ek fokofpolisiekar ook daar in trek – hulle fanbase groei tien teen een met ‘n groter rate as die christendom onder tieners – ek dink dis ‘n vraag wat ‘n mens na moet kyk – moet ‘n mens nie die ‘kerk’ ( check my post uit oor ‘wat is kerk vir my’ ) na daardie plek toe vat nie , want ek dink beslis nie ons gaan die kids en selfs jong volwassenes op ‘n ander manier terug kry by kerkwees nie, maar hey dis net my opinie…

  3. Neil sê:

    ek dink FPK is 15 jaar te laat. Saam met KOBUS is hulle die eerlikste musiek wat Afrikaans nog getref het

    Die kerk, en spesifiek die NG Kerk is ‘n uitgediende instelling. Ook die aartappelbier, hansie simpatiseerdesrs en die nuwe blonde slet se volgelinge.

    En voor jul bybel bashers op my ballas klim….face it, georganiseerde geloof is ‘n bol kak wat niks met God te doen het nie. Spandeer jul kollekte dus wyslik. moenie vir die dominee se Porche, huis,kinders se opvoeding en so aan betaal nie. Fok hom. Hy kan werk vir sy geld.

    FPK rocks, maar KOBUS rules.

  4. liewelettie sê:

    Ek hou hiervan. Goed gestel, Ronald.

  5. cobus sê:

    Hierdie is goed waarmee ek graag mense sou wou uitdaag; maar daar is geen plek daarvoor nie.

    Ek voel jou pyn. Dis eintlik belaglik as jy daaroor dink. Dominees brand om hierdie vrae oop te maak (party dominees elkgeval). En almal buite die kerk sê die kerk loop leeg omdat die kerk nie ruimte maak vir hierdie tipe vrae nie. En almal binne die kerk sê die dominee moet ‘n plan maak dat die kerk nie leegloop nie. En steeds waag dominees dit nie om hierdie vrae oop te maak nie… catch 22. Oplossing? Ons moet seker maar net begin om die vrae oop te maak… maar soos ek hierdie skryf is ek heeltemal bewus van die kompleksiteit daarvan…

    Neil, ek moet darem net byvoeg, ek is baie bly ek is in die NG Kerk, want wragtigwaar, ek kan nie nog ‘n kerk in hierdie land sien waar mens makliker met werklike kritiese vrae gaan omgaan nie.

  6. Ronald sê:

    Neil, ek moet met jou verskil. Nie dat ek ‘n Bible basher is nie, inteendeel. Daar is miskien baie verkeerd met die kerk, en met die NG kerk, en met die mense wat hulle daar tuis vind. Dalk moet ons nie dominees betaal nie. Dalk – nee, verseker – behels ‘n verhouding met God veel meer as net die instellings en rituele wat baie keer daaraan gekoppel word. Nogtans moet mens êrens ‘n plekkie vind om saam met ander gelowiges te deel. Jou geloof is ook maar niks werd as dit nie juis om ander mense ook gaan nie; anders, dink ek, mis jy die hele punt van spiritualiteit. Die kerk (moet, in elk geval) ‘n plek skep waar mens dit kan uitleef, en wat mens daarmee kan help.

  7. Die pad na God loop nie deur die kerk nie. Miskien kan ‘n kerk mens help om by God uit te kom, maar as mens nie self persoonlik kontak met God het nie dan help dit nie. Is die kerk dan nog relevant vandag? Ek weet nie. Hoe sien ‘n teologiese student sy toekoms in so onseker situasie? My gevoel is dat daar nuwe geleenthede geskep word met Web 2.0 wat die nuwe generasie predikante met vrug kan gebruik om die vrae te antwoord wat gevra word.

  8. […] Wurmblikkie  se inskrywing oor FPK is baie […]

  9. Dis vir my interessant dat jy spesifiek ‘n erediens raaksien in spirituele tegnologie, synde dat jy besig is met ‘n MDiv :-)

  10. tiaan sê:

    Ek wens maar net die gemeente het vir my ‘n Porsche betaal…sorry, Neil, ons hier op die platteland (waar dit immers hemel is, pun intended) sal maar voortsuffer in hierdie “uitgediende sisteem”. Dis nie die sisteem nie – dis party mense wat nie kan insien dat dinge wat 10 jaar gelede nie gewerk het nie, ook nie nou sal werk nie. Wat van ‘n stukkie genade vir ons arme ouens wat “werk vir ons geld”, of is genade ook ‘n uitgediende konsep?

  11. Marcus sê:

    Julle die hele punt in hulle musiek

    • Marcus sê:

      Julle die hele Punt in hulle musiek is dat hulle self ook met hulle self struikel en self sukkel om hulle self te vind wat n groot deel van vandag se tieners vind. Baie tieners gaan nie kerk toe nie, baie tieners glo nie in god of in enige ander geloof nie.
      Ek self is n groot Fan van fokof en ek vind dit baie lekker om na hulle te luister en te hoor wat hulle sing en te verstaan is dat dit baies is hoe ons wereld vandag is. Soos die liedjie BRAND SUID AFRIKA!!!!! Bloed en olie Bloed en Grond !! Dis presies waaroor die lewe gaan dis waaroor meeste van die oorlog gaan!! Die ouens is mal en lewe heeltemal anders as meeste van hele net om normaal te wees is nie meer cool vandag nie. Soos hulle se in hulle Song Hemel op die platteland: Kan jy jou idee van normaal in jou gat op druk. Mense van vabdag wil nie meer normaal wees nie hulle wil uitstaan en iets wees nie net normaal soos almal nie. Ek is 20 jaar oud en ek isi normaal nie glo my.. Kerk,, come aan julle die pad na die hemel is nie de die kerk nie dis duer jou self en net jouself.
      Net om te kyk hoeveel van ons hulle rerg onderstuen se hoeveel van die mense voel soos hulle , net duer om hier te skryf of om hier te lees se al klaar dat jy n onderstuener is.
      Die lied in my hard is n swane sang ook in een van hulle liedjies en kwaad raak ons net vir mka is ook in een van hulle songs en dis w dubbel sinnig. Soos ek sal se mixed feelings niemand weet meer waar hulle met hulle self staan nie en dis hoe die wereld vandag is. Al wat hulle basies doen is se wat jy as mens te bang is om te erken ef om hardop te se.

Lewer kommentaar op Skillie Kanselleer antwoord